Round Table Northern Cape

Latest News

BESOEK AAN AUGRABIES INTERMEDIÊRE SKOOL…

Published on January 26, 2026
Back to all Latest News
BESOEK AAN AUGRABIES INTERMEDIÊRE SKOOL

LUR Abraham Vosloo het vandag by die Augrabies Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu Distrik ‘n besoek afgelê. ‘n Verwoestende brand het op 16 Januarie 2026 by die skool uitgebreek wat 9 klaskamers en die administrasie blok totaal vernietig het.

Die Departement het gebeurtlikheidsplanne in plek om leer en onderrig te normaliseer. Opruimingswerk sal hierdie week aanvangs neem, sowel as die aflewering van 5 mobiele klaskamers en ‘n administrasie blok met meubels. Ons bedank die breë gemeenskap van Augrabies vir hulle samewerking en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.





Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee