Round Table Northern Cape

Latest News

Burgemeester en Raadslede besoek watersuiweringsaanleg….

Published on March 11, 2023
Back to all Latest News

Burgemeester en Raadslede besoek watersuiweringsaanleg.

Tydens ‘n inspeksie by die watersuiweringsaanleg te Augrabies en Kakamas is die volgende uitdaggings uitgewys.

1. Die rivierwater se troebelheid is baie hoog. Dit verg presiese vermenging en verstellings aan die toediening van die afsakmiddel om skoon water te produseer. Die aanlegte is verskillend ontwerp en sekere afsakmiddels werk beter by sekere aanlegte. Die moeilikste aanlegte is by Lennertsville, Kakamas en Augrabies.

2. Beurtkrag het nog steeds ‘n negatiewe uitwerking op die produksie van skoon water.

Die volgende stappe gaan gevolg word om te verseker dat die kwaliteit van die water verbeter.

1. Die spoel van die netwerk sal geskied vanaf Maandag.

2. Die opgradering van albei watersuiweringsaanlegte is deel van die begroting vir die 2023/24 boekjaar.

Tydens, deur tot deur besoeke in Augrabies het die Burgemeester Marshall Matthys die versekering gegee aan die inwoners dat die water krisis in Kai !Garieb aandag geniet.

Ons vra verskoning vir die ongerief.

Mnr. A. Phete
Waarnemende Munisipale Bestuurder

10/03/2023





Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee