Die Burgermeester van Kai !Garib Munisipaliteit, Raadslid JJJ Olyn, het verlede week Woensdag rekenaars en hardeware aan vyf hoërskole oorhandig naamlik Hoërskool Kakamas, Hoërskool Martin Oosthuizen, Hoërskool Keimoes, Hoërskool Kenhardt en Sekondêre Skool Oranjezicht.
Die projek behels die daarstelling van ‘n skoolkoerant, skoolwebtuiste en ‘n effektiewe medium van kommunikasie tussen die skole. Die uitkoms van die projek is om n enkelblad A4-grootte kwartaal skoolkoerant op die been te bring waarvan een kolom toegewy moet word aan die aktiwiteite van die Raad vanuit die oogpunt van die leerders asook n funksionele opgedateerde skool webtuiste wat die aktiwiteite van die skool opsom.
Die Raad sal ondersteuning verskaf in die volgende:
1. Hardeware
2. Toegang tot internet
3. Eksklusiewe webtuiste
4. Persoonlike e-pos
5. Tegniese ondersteuning
6. Opleiding
Die Burgermeester het daarop beklemtoon dat hierdie projek deel van Kai !Garib Munisipaliteit se inisiatief om die breë gemeenskap te ontwikkel deur die daarstelling van ‘n tegnologiese netwerk tussen die vyf hoërskole om sodoende nie net die skoolgemeenskap nie, maar ook die breër gemeenskap te bemagtig om tred te hou met tegnologiese vooruitgang en al die voordele wat dit inhou.