Round Table Northern Cape

Latest News

Die burgermeester van die Kai garib munisipale regsgebied Ma…

Published on November 28, 2022
Back to all Latest News
Die burgermeester van die Kai garib munisipale regsgebied Marshall Matthys het n beroep gedoen op inwoners binne die regsgebied om eienaarskap te Neem vir die infrastruktuur wat daargestel word in n poging om dienste na mense te bring. Hy se die munisipaleteit is besig om die wateruitdaging aan te spreek wat vererger word deur die diefstal van kabels. Die beleerde burgermeester se n kabel wat by keimoes gesteel is benadeel dienslewering omdat broodnodige fondse wat ander dienslewerings kwessies kon aanspreek Nou ingespan moet word om die gesteelde kabel te vervang. Matthys se die diefstal en beskadiging van infrastruktuur benadeel wetgehoorsame inwoners en kan nadelige gevolge inhou vir mense veral waar die noodsaaklikheid van elektrisiteit en water n rol speel. Hy se inwoners moet saamstaan teen misdadige elemente wat mense ontneem van gehalte dienslewering. Die munisipaleteit het n beroep gedoen op inwoners om met inligting na vore te kom oor Wie diegene is wat infrastruktuur vandaliseer en Wie die gesteelde goed koop sodat daadwerklik teen die boosdoeners opgetree kan word. Intussen bly die munisipaleteit se rampbestuurspanne op hoe gereedheidsgrondslag om waar inwoners probleme met die huidge vloed ervaar hulp te verleen. Inwoners word aangemoedig om nie die sterkte van die water te onderskat nie en om nie in die rivier te swem of vis te vang nie.

Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee