Motoriste in die regsgebied bedaagsaam moet wees op die paaie na verskeie slaggate weens die reën ervaar word. Matthys se die munisipaleteit se tegniese span is tans besig met n herstelprogram wat ook weens die voortdurende reën vetraag word en versoek dat motoriste versigtig moet wees om nie skade aan hulle voertuie op te doen of ongelukke wat tot lewensverliese kan lei te maak nie.
Hy sê dienslewering bly die prioriteit van die munisipaleteit en met die samewerking van die Bree publiek kan alles net beter Gaan. Die eerste burger vra ook dat inwoners en veral motoriste ekstra versigtig moet wees op informele en grondpaaie wat weens die reën verspoel het. Die gemeenskap is ook aangemoedig om waar paaie erg verspoel het die munisipaleteit daarvan inkennis te stel. Intussen se Matthys inwoners moet die rivier en veral waterpoele ten alle tye vermy omdat dit lewensgevaarlik kan wees en tot verdrinkings kan lei.
Matthys het laastens die publiek en gaste aan die regsgebied bedank vir die geduld terwyl herstelwerk onderweg is.