Geagte inwoners van Kai Garib Munisipaliteit
Ons wil net dankie sê vir die Tegniese afdeling en werkers wat gisteraand tot vanoggend tot omtrent 2uur, hulle tyd met familie afgestaan het om beter dienste vir
gemeenskap te lewer deurdat hulle die ompad rondom Tierberg oopgeskraap het. Die oppervlak is verbeter het en die pad breer gemaak nadat die pad tussen Kenhardt en Keimoes deur SANRAL toegemaak is as gevolg van die vloedwater wat die hoofroete oorstroom.Weereens dankie aan almal wat n rol gespeel het.
Kai Garib Munisipaliteit en die Distrik Munisipaliteit is trots op julle en waardeer julle werk.
Mnr Obakeng Isaacs
Waarnemende Munisipale Bestuurder
Stay safe
Bly veilig