Graag wil ek as burgemeester Marshall Matthys van Kai !Garib die gemeenskap inlig rakende uitdaggings in ons somer seisoen. Dit gaan gepaard met donder en wind storms.
Wees waaksaam vir die risiko’s daaraan verbonde. Watervlakke in ons benede Oranjerivier streek is ook besig om te styg. Vloed is ‘n moontlikheid. Wees asseblief versigtig in, om en naby die rivier en sy takke. Wees versigtig by laagliggende brûe soos Meyers eiland, Langklaas eiland, Sand Eiland, George Eiland, Kanoneiland en Pêrde Eiland. Vermy swem en vis vang in hoog water. Wees waaksaam en verseker die nodige hulpmiddele. Rampe kan noodlottige gevolge hê. Rampbestuur is almal se verantwoordelikheid.
Die uwe
Uitgereik deur Kai !Garib Munisipaliteit
Stay safe
Bly veilig