Geagte inwoners van Kai !Garib Munisipaliteit
Graag wil burgemeester van Kai !Garib die gemeenskap inlig rakende uitdagings in ons somer seisoen. Dit gaan gepaard met donder en wind storms.
Wees waaksaam vir die risiko’s daaraan verbonde. Watervlakke in ons benede Oranjerivier streek is ook besig om te styg. Vloed is ‘n moontlikheid. Wees asseblief versigtig in, om en naby die rivier en sy takke. Wees versigtig by laagliggende brûe. Vermy swem en vis vang in hoë water. Wees waaksaam en verseker die nodige hulpmiddele. Rampe kan noodlottige gevolge hê. Rampbestuur is almal se verantwoordelikheid.
Die uwe
Mnr Obakeng Isaacs
Waarnemende Munisipale Bestuurder
Stay safe
Bly veilig