Geagte inwoners van Kakamas
Huidiglik is die tegniese afdeling steeds besig om die riool situasie aan te spreek by die hospitaal pompstasie, wat tans die oorsaak is van die riool oorloop.
Die aankope is afgehandel en Afdeling sal begin sodra die verskaffer aflewer.
Tegniese Afdeling sal lorries allokeer om slegs by pompstasies werk te verrig, en pompkamers leeg te hou van riool.
Ons onderneem ook om voor te gaan met die ontsmettings proses van geaffekteerde areas.
Jammer vir ongerief
Mnr Obakeng Isaacs
Waarnemende Munisipale Bestuurder