Kennis geskied ingevolge Artikel 49(1)(a)(i) saamgelees met Artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting Wet, 2004 (Wet 6 van 2004), hierna verwys na die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol vir 2022 vanaf 24 Oktober 2022 tot 30 November 2022 gedurende kantoor-ure (Maandag tot Vrydag tussen 7:30 en 16:30) by ALLE Kantore van die Kai-Garib Munisipaliteit (Kakamas, Keimoes, Kenhardt, Riemvasmaak, Vredesvallei, Augrabies, Marchand, Alheit, Lutzburg, Cillie en Lennertsville) ter insae lê,
Eienaars van eiendomme of enige ander persone word hiermee in terme van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met Artikel 78(2) van die Wet, uitgenooi om enige besware by die Munisipale Bestuurder in te dien, teen enige aangeleentheid rakende die Waardasierol of wat weggelaat is uit die Waardasierol, binne die voorgeskrewe tydperk.
U aandag word daarop gevestig dat, in terme van Artikel 50(2) van die Wet, enige besware moet wees ten opsigte van ‘n spesifieke individuele eiendom en nie teen die Waardasierol as sulks nie. Die voorgeskrewe beswaarvorm is verkrygbaar by AL die betaalpunte van Kai-Garib Munisipaliteit. Die voltooide vorm moet nie later as 30 November 2022 aan die onderstaande adres gestuur word nie:
Munisipale Bestuurder
Kai !Garib Munisipaliteit
Privaatsak X6
KAKAMAS
8870
Munisipale Bestuurder
Kai !Garib Munisipaliteit
11de Laan 9
KAKAMAS
8871
Vir enige navrae, kontak Mev. S. Coetzee by 054 461 6428 of e-pos sharonisaacks@gmail.com
Mnr BB Kordom
WNDE MUNISIPALE BESTUURDER