Round Table Northern Cape

Latest News

Kai !Garib fokus op dienslewering

Published on October 23, 2018
Back to all Latest News

Die Kai !Garib Munisipaliteit  het die behoefte gesien om pres. Cyril Ramaphosa se Thuma Mina -Send Me- program by Keimoes te loods.

Die nuwe era van hoop, geïnspireer deur die gees van “Thuma Mina” (of stuur my) is bedoel om die spoed waarmee dienste aan ons mense gelewer word, te verhoog.

Dit is ‘n geïntegreerde diensleweringsmodel waarin munisipale direktorate in ‘n area werk en gelyktydige diens lewer.

Burgemeester Marius Louw het tydens die aanspreek van die werkers gesê dat die mans en vroue by die Munisipaliteit toegewyd sal wees en nie sal skroom om hul hande vuil te kry om te verseker dat dienste aan inwoners gelewer word nie.

‘n Weeklikse skedule is opgestel met programme wat opsy gesit is vir geïdentifiseerde probleem areas.

“Deur hierdie program hoop ons om die lewens van ons gemeenskappe te beïnvloed, deur doeltreffende dienslewering te lewer sodat dit teen die einde van hierdie program ‘n merkwaardige verskil in ons dorp kan wees,” het Louw gesê.

Die burgemeester het verder gesê, “Kai !Garib kan nie alles alleen doen nie en het ondersteuning van inwoners nodig.  Ons het die gemeenskap nodig om saam met ons te werk deur te help om ons munisipaliteit skoon te hou en nie onwettig te stort nie. Ons doen ook ‘n beroep op almal om geduld uit te oefen. Hierdie program sal in fases ontplooi en ons sal uiteindelik alle diensleweringsbekommernisse aanspreek,”.

Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee