“Verander die 67 minute vir Mandela in ‘n lewenstyl,” dit is die mantra waarmee werknemers, raadslede en amptenare van die Kai !Garib Munisipaliteit, in beide Keimoes, Kakamas en Kenhardt, hulle 67 minute ter ere van Mandela se verjaardag aangepak het.
Die idee van Mandela-dag (67 minute) is geïnspireer deur Mandela se verjaarsdagviering in Londen se Hyde Park in 2008 toe hy gesê het: “Dit is tyd vir nuwe hand om die las op te lig. Dit is nou in jou hand.” Hierdie jaar het die regeringsdepartemente saam met die gemeenskappe in al 10 wyke van die munisipaliteit 67 minute aan ons voormalige president bestee.