KENNISGEWING: KRAGINDERBREKING
Datum: 13 Oktober 2026
ELEKTRISITEITSONDERBREKING: LUTZBURG EN CILLIE
Kai !Garib Munisipaliteit wil inwoners van Lutzburg en Cillie hiermee in kennis stel dat die elektriese toevoer na hierdie gebiede tans onderbreek is weens ‘n foutiewe hoogspanningskabel.
Die Munisipaliteit se Elektriese Departement is tans besig met foutopsporing om die presiese ligging en aard van die fout te bepaal, waarna die nodige herstelwerk onderneem sal word.
Geen beraamde tyd vir die herstel van die elektrisiteitstoevoer kan in hierdie stadium bevestig word nie.
Inwoners word versoek om alle elektriese installasies as lewendig te beskou en die nodige voorsorgmaatreƫls te tref.
Die Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief en bedank alle inwoners vir hul geduld en begrip.
Verdere inligting sal beskikbaar gestel word sodra daar vordering met die herstelwerk is.
Uitgereik deur:
Bestuurder: Elektromeganiese Dienste
Kai !Garib Munisipaliteit