KEIMOES, KAKAMAS EN KENHARDT GEBIED
PREPAID METERS!
Prepaid meter sal nie ophou werk nie. Vanaf die 25ste November sal die meters net nie nuwe tokens aanvaar nie.
Indien u meter nog nie opdateer is nie, moet nie bevrees wees nie. As u gaan krag koop kan u net die kasiere sê dat u meter nog nie opdateer is nie. Sy sal dan die munisipale werkers daarvan in kennis stel. Daar sal dan twee kodes vir u gegee word om voor die kragkode in te lees. Dit dateer dan u meter so op.
Nog n opsie is om dan te vra dat n munisipale werker by u om kom, om die meter te opdateer. Maak ook seker dat u alle ou krag tokens eers in lees voordat u die meter laat opdateer. Geen terugbetaal of her uitreik van ou tokens sal na 25 November gedoen kan word nie.
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder
22/11/2024