TYDELIKE WATERONDERBREKING: MARCHAND GEMEENSKAP
Datum van uitreiking: 5 Mei 2026
Hiermee word inwoners van die Marchand-gemeenskap* in kennis gestel dat daar tans ’n *tydelike wateronderbreking* ondervind word.
Rede: Die pomp by die rivier is foutief en moet dringend herstel word.
Huidige status: Tegniese span is reeds op terrein om die probleem te ondersoek en herstelwerk te doen.
Tydsduur: Onbepaald, tot verdere kennisgewing.
Raad aan inwoners:
1. Gebruik water spaarsamig uit gestoorde voorraad.
2. Maak seker alle krane is toe om vermorsing te voorkom wanneer toevoer herstel word.
Die Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief en onderneem om die watertoevoer so gou moontlik te herstel.
Vir navrae kontak:
Inbelsentrum
WhatsApp 079 049 1101
_Ons waardeer u geduld en samewerking._
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder