Verstopping van Rioolstelsel in Binne Straat Langverwag
Die Munisipaliteit wil inwoners in kennis stel dat daar tans ’n verstopping in die rioolstelsel in Binne Straat Langverwag area
Die *Instandhoudingsafdeling* sal begin met herstelwerk sodra voorraad/onderdele beskikbaar is.
Die Munisipaliteit doen ’n beroep op alle inwoners om *nie groot voorwerpe, vullis, doeke, vet of ander materiaal in die rioolstelsel te gooi nie*. Hierdie items veroorsaak blokkasies wat diensonderbrekings en skade aan die stelsel tot gevolg het.
Ons vra om verskoning vir die ongerief en waardeer u samewerking terwyl ons werk om normale diens te herstel.
Vir verdere navrae, kontak die Inbelsentrum by 079 049 1101
Uitgereik deur:
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder
Datum: 29 Augustus 2026