Kakamas ervaar tans ‘n tekort aan water vir ‘n geruime tyd.Twee rouwaterpompe is buite werking en is reeds bestel; die verskaffers het laat weet dat die pompe eers binne 3 weke beskikbaar sal wees. (moet ingevoer word)Intussen word ander tipe pompe geinstalleer om die probleem te omseil omdat die pypwerk moet ook verander word.
Intussen het daar ander probleme opgeduik naamlik: Die water by krane het ‘n swart kleur ontwikkel agv antrasiet (geaktiveerde koolstof) van die filters wat deur gespoel het in netwerk. Dis gelukkig onskadelik en die netwerk word nou gespoel om van die antrasiet ontslae te raak. Die kontrakteur wat die filters herstel en gediens het sal die probleem oplos.
Beurtkrag veroorsaak dat minder water geproduseer kan word met die gevolg dat water ook beurtelings versprei moet word tussen die 2 reservoirs.Hoogliggende gebiede kry ook min of niks water nie, maar tenke is geinstalleer en word gereeld vol gemaak.
Die munisipaliteit voorsien dat die probleem binne die volgende week sal verbeter.
Kom ons gebruik water spaarsamig.
Mnr Obakeng Isaacs
Waarnemende Munisipale Bestuurder
Bly veilig
Stay safe