Round Table Northern Cape

Latest News

*KENNISGEWING: FOUTIEWE POMP BY RIOOLSTASIE TE KAKAMAS HOSPI…

Published on August 4, 2026
Back to all Latest News
*KENNISGEWING: FOUTIEWE POMP BY RIOOLSTASIE TE KAKAMAS HOSPITAL

04 Augustus 2026

Die Munisipaliteit bring hiermee onder die aandag aan inwoners van Kakamas Dorp dat die pomp foutief is, by rioolstasie.

Dit veroorsaak dat riool oorloop in sekere gedeeltes van Kakamas Dorp, veral in die omgewing naby die hospitaal.

*WAT ONS DOEN:*

Die Tegniese Afdeling het reeds die bestelling van die nodige onderdele/voorraad gedoen.
Herstelwerk sal onmiddellik begin sodra die voorraad ontvang is

*WAT INWONERS MOET DOEN:*

1. Vermy asseblief enige kontak met oorloop rioolwater
2. Hou kinders en troeteldiere weg van geaffekteerde areas
3. Rapporteer enige verdere oorlope by ons Inbelsentrum via WhatsApp 079 049 1101.

Ons vra om verskoning vir die ongerief en waardeer u geduld en samewerking terwyl ons die probleem oplos.

Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder


Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee