Geagte inwoners,
Kennisgewing geskied hiermee van tydelike kragonderbreking in die Kakamas-gebied en Klein omliggende dorpies, as gevolg van ‘n fout wat deur die Elektriese Afdeling opgespoor word.
*Voorsorgmaatreels:*
– Hou flitsligte gereed in geval van ‘n kragonderbreking.
– Skakel alle elektroniese toestelle af om skade te voorkom wanneer die krag terugkom.
– Maak seker dat jou huis goed verlig is en dat alle deure en vensters gesluit is.
– Hou jou selfoon gelaai.
*Kontak ons:*
Vir enige navrae, kan inwoners die Inbelsentrum via WhatsApp kontak by 079 049 1101.
Munisipaliteit vra verskoning vir enige ongerief wat hierdie onderbreking mag veroorsaak. Ons streef daarna om die kragtoevoer so gou moontlik te herstel.
Dankie vir u samewerking.
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder
5/01/2026