KAI!GARIB MUNISIPALITEIT
Die Munisipaliteit bring met groot kommer onder die aandag van inwoners van Kakamas Dorp en Langverwag dat daar vandalisme by die rioolstasie by die Hospitaal gepleeg is.
Die skade aan die toerusting het tot gevolg dat *riool oorloop in sekere gedeeltes van die dorp en Langverwag gebied
*WAT ONS DOEN:*
1. Munisipaliteit is in proses om by die SAPD aangemeld vir ondersoek.
2. Die Tegniese Afdeling het reeds die *bestelling van die nodige onderdele/voorraad gedoen.
3. Herstelwerk sal *onmiddellik begin sodra die voorraad ontvang is*.
*WAT INWONERS MOET DOEN:*
1. Vermy enige kontak met oorloop rioolwater – dit hou ‘n gesondheidsrisiko in.
2. Hou kinders en troeteldiere weg van geaffekteerde areas.
3. Indien jy inligting het oor die persone wat verantwoordelik is, kontak asb ons Inbelsentrum via WhatsApp 079 049 1101
4. Meld enige verdere oorlope dadelik.
Vandalisme van munisipale infrastruktuur raak ons almal en vertraag noodsaaklike dienste. Ons vra die gemeenskap se samewerking om ons bates te beskerm.
Ons vra om verskoning vir die ongerief en waardeer u geduld terwyl ons die probleem oplos.
Uitgereik deur:
Kai!Garib Munisipaliteit
Datum: 11 Augustus 2026




