Keimoes het die afgelope 24 uur ‘n kragonderbreking as gevolg van ‘n kabelfout ondervind. Die toevoer na Lennertsville suiweringswerke was ook geraak vir ‘n paar uur.
Die gevolg daarvan was dat daar geen watertoevoer na Keimoes en Kenhardt was nie.
Die fout was teen 19h00 herstel en ‘n nuwe kabel geiinstalleer. Die watertoevoer na Keimoes sal nou verbeter en behoort teen 29/11/2024 normaal te wees. Die watertoevoer na Kenhardt word nog ondersoek en die gemeenskap sal op hoogte gehou word. Alle onwettige aansluitings op die Kenhardt pomplyn is verwyder en toegemaak.
Die stukkende pomp by Vyeboseiland Waterwerke is ook vervang en in werking gestel.
Ons bedank u vir u geduld.
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder
Kai !Garib Munisipaliteit
29/11/2024