Ons is dankbaar vir die Here se genade en seëninge gedurende 2019. Die jaar het ook sy goeie en minder goeie tye gehad, maar ons is dankbaar dat ons weer die geboorte van die Christus Kind kan vier. Kerfees is ‘n tyd van liefde, omgee, waardering, dankbaarheid, naaste liefde, drukkies, blydskap en ook ‘n tyd om geskenke uit te deel.
Kom ons lewe opreg met mekaar gedurende hierdie Kersgety. Kom ons maak ons harte en hande oop vir ons medemens.
Ons wens ook almal geluk met hul akademiese prestasies gedurende 2019 en wens ook die matriekklas van 2019 sterkte toe in die afwagting van hul matriekuitslae.
Dankie aan die gemeenskappe van Kai !Garib vir u geduld, verdraagsaamheid en ondersteuning gedurende die jaar.
Dankie aan alle kerkleiers vir u gebede en geestelike ondersteuning, want sonder God is alles te vergeefs.
Dankie ook aan die manne en vroue van Kai !Garib Munisipaliteit vir dit wat hulle doen vir ons gemeenskap om dienslewering te verseker.