1. Die Kakamas watersuiwerings aanleg is ongeveer 2 jaar gelede opgradeer en lewer tans 230 000 liter water per uur of 5.5 Megaliter per dag.
2. Slegs nood reperasies ( emergency repairs) word deur Departement Water en Sanitasie gefinansier aangesien n groter aanleg op die boeke is.
3. Daar is reeds n aansoek om n groter aanleg te bou gefinansier deur Departement van Water en Sanitasie. Die uitvoerbaarheid studies word tans onderneem.
4. Onwettige aansluitings wat groot lekkasies veroorsaak, verminder egter die water beskikbaar per persoon.
5. Die fotos in die berig wys nie die opgraderings nie, maar wel n ou stoorkamer.
6. Daar sal modder in die stoordamme wees aangesien modderwater gesuiwer word.
Die volgende aanlegte was opgradeer gedurende 2023/2024:
1. Aughrabies
2. Vredesvallei
Die volgende aanlegte sal in 2024/2025 oogradeer word:
1. Khamkirri/Riemvasmaak
2. Lutzburg
3. Cillie
3. Keimoes
Daar is meer as genoeg water gedurende die wintermaande, maar die aanvraag styg eksponensieel gedurende die somer.
Inwoners wat water misbruik verontrief andere, veral wonings wat hoogliggend is.
Persverklaring uitgereik deur Kai !Garib Munisipaliteit
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder