*MUNISIPALE KENNISGEWING: HERSTEL VAN KRAGVOORSIENING*
Fase 5, Langverwag Gebied
Geagte Inwoners
Hiermee word u in kennis gestel dat die herstelwerk aan die gebrande kragkabel in *Fase 5, Langverwag* suksesvol afgehandel is.
Die elektrisiteitsvoorsiening is herstel.
Die Munisipaliteit bedank die inwoners van Fase 5 vir hul geduld en begrip gedurende die onderbreking wat sedert Vrydag, 21 Augustus 2026, geduur het.
*Indien u steeds ‘n kragonderbreking ondervind, skakel asseblief die Inbelsentrum:*
*📞 Inbelsentrum: 079 049 1101*
Ons bied ons opregte verskoning aan vir enige ongerief wat veroorsaak is.
Uitgereik deur:
Die Munisipale Bestuurder
Kai!Garib Munisipaliteit
Datum: 23 Augustus 2026