WINDSTORM TREF AUGRABIES
‘n Kragtige windstorm het op die 4de Februarie 2025 Augrabies in die Kai !Garib Munisipale area in die ZF Mgcawu Distrik Munisipaliteit getref en ‘n spoor van vernietiging agter gelaat.
Voorlopige assesserings wat deur die burgemeester van Kai !Garib Munisipaliteit, raadslid Marshall Matthys, raadslid Anna Presley, saam met munisipale amptenare gedoen is, toon groot skade aan huishoudings, die plaaslike skool, omliggende plase en munisipale kantore. Dakke is van geboue is afgeruk, en baie gesinne is gelaat met groot skade en worstel met die nagevolge van die storm.
In reaksie op die ramp het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, COGHSTA en ander relevante rolspelers by die assessering spanne aangesluit om die ondersteuning en bystand wat vir die geaffekteerde gemeenskappe benodig word, te evalueer. Die span het met die geaffekteerde inwoners gesels om inligting oor hul behoeftes en bekommernisse in te win.
Die storm het ook wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak, met elektrisiteit wat nog herstel moet word. Op grond van die bevindinge van hierdie assesserings sal die Interdepartementele Reaksiespan ‘n omvattende herstel plan ontwikkel wat die behoeftes van die geaffekteerde gemeenskappe aanspreek.
Ons sal die gemeenskap op hoogte hou van ons vordering en gereelde opdaterings verskaf oor ons herstelpogings.