*KAI GARIB MUNISIPALITEIT*
20 Januarie 2026
*OBSTRUKSIE IN ROUWATERPYPLYN BEÏNVLOED WATERTOEVOER IN KENHARDT EN LENNERTSVILLE*
Die Kai Garib Munisipaliteit wil inwoners van Kenhardt en Lennertsville in kennis stel van ‘n tegniese uitdaging wat tans die Kenhardt/Lennertsville Water voorsienings aanleg beïnvloed.
Ons tegniese spanne het ‘n voorwerp in die rouwaterpyplyn tussen die rivierpompstasie en die aanleg geïdentifiseer, wat ‘n vermindering in die watervloei na die aanleg veroorsaak. Die probleem is duidelik sigbaar wanneer die netwerk by verskillende spoelpunte/kleppe gespoel word.
Om die probleem op te los, sal ons tegniese spanne die volgende stappe neem:
– Drukmeters sal geïnstalleer word om die presiese ligging van die obstruksie te bepaal.
– ‘n Endoskoop sal gebruik word om te help met die identifisering van die blokkasie.
– Die betrokke gedeelte van die pyp sal oopgebreek en vervang word.
Gedurende hersteltydperk van 18 tot 20 uur sal waterproduksie by die aanleg verminder of gestaak word.
Munisipaliteit doen beroep op inwoners om houers ten alle tye te vul met water vir noodgebruik.
Vir meer inligting, kan inwoners die Inbelsentrum kontak via WhatsApp by 079 049 1101
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder