Kai !Garib Munispaliteit wil hiermee gerugte wat onlangs op Sosiale Media die rondtes gedoen het, dat die Burgemeester gearresteer was betwyfel. Hierbenewens wil die munisipaliteit bevestig dat gerugte van arrestasie onwaar is, en dat dit opsetlik en moedswilliglik gedoen was om die Burgemeester en munisipaliteit se beeld en reputasie te skaad. Hiermee word die volgende valse bewerings weerlê:
- Die Burgemeester is gesond, nog elkedag teenwoordig is om sy pligte en funksies nougeset uit te voer;
- Dat die Burgemeester nooit gearresteer is of enigsins van die aard nie;
- Dat die “boeke” van die Hoof Finansiëlebeampte nie geondersoek word nie; en
- Dat die Burgemeester in sy eie hoedanigheid besig is met regstappe teen diegene wat sy eerbare naam en karakter skend.
Verder versoek Kai !Garib Munisipaliteit die gemeenskap om hulle nie in die toekoms te steur aan negatiewe gerugte wat verskyn op Sosiale Media nie.
UITGEREIK DEUR DIE KOMMUNIKASIE AFDELING VAN KAI !GARIB MUNISIPALITEIT