Round Table Northern Cape

Latest News

Skoon maak projek

Published on February 13, 2019
Back to all Latest News

Rolspelers in Kakamas vat hande vir ‘n skoner dorp

Kakamas: ‘n Paar weke gelede het rolspelers in Kakamas bymekaar gekom met een doel voor oë naamlik om te besluit wat gedoen kan word om die dorp weer skoon te kry. Hierdie byeenkoms wat gelei was deur die Burgemeester van die plaaslike  Munisipaliteit, Burgemeester Marius Louw,  was goed bygewoon deur afgevaardigdes van verskillende staatsdepartemente asook ander rolspelers.

Daar was besluit op ‘n skoonmaak projek wat op die 5de Februarie 2019 te 11de laan Kakamas van stapel gestuur gaan word en wat ook wel plaasgevind het.  Die Munisipaliteit het werknemers, voertuie en gereedskap beskikbaar gestel en die Landros en lede van die Departement Justisie, Maatskaplike dienste en SAPD het hul gewone werksklere verruil vir “ou klere” en fisies betrokke geraak by die skoonmaak van ons dorp.  Ons bedank SAD van Upington vir skenking van  vullisdromme, wat opgesit sal word op strategiese plekke in die dorp.

Hierdie inisiatief sal mettertyd uitgebrei word na die ander verskillende woongebiede in Kakamas, Keimoes en Kenhardt.

Die rolspelers versoek die gemeenskap daar buite om eienaarskap te vat met betrekking tot die netheid van ons dorp. Indien die volgende eenvoudige dingetjies deur elkeen gedoen word,  sal dit aan die einde van die dag ‘n groot verskil maak:-

  • “Don’t litter”, Moenie vullis net strooi waar jy is nie. Maak gebruik van die houers wat daarvoor uitgesit is.
  • Moenie tuinvullis of enige ander huishoudelike vullis aan die oorkant van die straat waar jy woon stort nie. Dit beland in stormwater slote en bedreig ons natuurlewe.
  • Moenie vullis verbrand waar jy woon nie. Dink aan die besoedeling wat dit veroorsaak.
  • Rapporteer enige persoon wat vullis onwettig stort by die plaaslike Munisipaliteit by telefoon nommer 054-461 6700. Hierdie oproepe sal anoniem hanteer word indien u dit so verkies.

Die Munisipaliteit het Wetstoepassings beamptes aangestel wie binnekort sal begin met die uitskryf van boetes vir oortredings in hierdie verband. Lede van die Departement Justisie en SAPD het hul ook daartoe verbind dat daar geen genade betoon sal word aan herhaalde oortreders nie.

Dit mag dalk ‘n eenvoudige begin wees vir ‘n enorme probleem, maar rolspelers stem saam dat om een duisend kilometers te hardloop begin met die gee van die eerste tree.

Laastens wil rolspelers die verskillende gemeenskappe uitnooi om betrokke te raak by hierdie projek. Skakel die Munisipale Bestuurder en gooi u bydrae in die hoed, maak nie saak hoe gering dit mag wees nie. Kom ons stop om teen die probleem vas te kyk en begin maak onsself deel van die oplossing van die probleem, want dit is net dat “SAAM SAL ONS ‘N VERSKIL SAL KAN MAAK”.

Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee