*VORDERING: KRAGONDERBREKING – LANGVERWAG / SUIDRAND*
Geagte Inwoners,
Vordering rakende die kragonderbreking in Langverwag / Suidrand:
1. Krag is reeds *herstel in ander gebiede.*
2. *Fase 5* ondervind steeds ‘n kragonderbreking as gevolg van ‘n *kabel wat gebrand het.*
3. Ons Elektriese Afdeling werk hard om die fout te herstel.
Ons vra om verskoning vir die voortgesette ongerief in Fase 5 en sal u op hoogte hou sodra krag herstel word.
Mnr Obakeng Isaacs
Munisipale Bestuurder
21 Augustus 2026
