Round Table Northern Cape

Latest News

Vuurvegter Sleepwaens Artikel

Published on July 12, 2021
Back to all Latest News

Gedurende April 2021 het Kai !Garib Munisipaliteit drie veeldoelige vuurvegter sleepwaens bekom deur ‘n MIG projek. Die projek was geskryf as ‘n Covid-19 projek. Hierdie sleepwaens is elk toegerus met ‘n 600 lt water tenk,  hoë druk pomp en fyn sproei spuitstuk. Dit is so toegerus om publieke areas in dorps gebiede te saniteer, asook stedelike en landelike brande te blus. Elk besit die vermoeë om dit self vanuit ‘n kanaal of dam te vul wat dit ideaal maak in landelike besproeiings gebiede. Die tenk eenheid kan ook vanaf die sleepwa gehaal word en op ‘n bakkie geplaas word in gebiede waar ‘n sleepwa nie in kan gaan of draai nie. Aangesien Kai !Garib Munispale Area uit drie groot dorpe bestaan, is daar een vir elke dorp. Hierdie eenhede is aansienlik doeltreffend vir die blus van vure en dit sal ook die reaksie tyd van die Brandbestrydings spanne verbeter. Na die aanwesige modifikasies sal hierdie sleepwaens eersdaags in Julie 2021 in gebruik geneem word. Die Munisipaliteit en werknemers is verskriklik in hul noppies en dankbaar, en sien uit daarna om ons Gemeenskappe met hierdie toerusting te diens.

Copyright © 2018. Kai !Garib Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Web Ateljee