Wêreld Onderwysersdag is ’n dag waarop ons doelbewus stilhou en erkenning gee aan die mense wat elke dag in ons klaskamers staan en ’n direkte invloed op die toekoms van ons kinders het. Vandag sê ons eenvoudig, maar opreg: Baie dankie aan elke onderwyser.
Onderwysers is die hart van ons onderwysstelsel. Julle doen veel meer as om net kennis oor te dra. Julle help kinders om hulself te ontdek, om in hul vermoëns te glo en om hul volle potensiaal te bereik.
As die Noord-Kaapse Departement van Onderwys bly ons daartoe verbind om saam met ons onderwysers te werk om die gehalte van onderwys in ons provinsie te verbeter.




